My motief vir Gee geskud (1
Terwyl ek baie besig is om te Gee (Gkafee 2012 by KKNK), word ek gekonfronteer met `n jong seun wat al agter my aanloop. Hoe meer ek graag wil hê dat hy moet weggaan, hoe meer hang hy rondom my. “Ek wil Gee man, maar jy pla my” dink ek by myself. My pogings om hom te verdryf sodat ek kan Gee misluk, totdat ek omdraai en moedeloos vra: “Wil jy jou gesig was?” Sy kop knik. Ek tap `n emmer warmwater met seep, en kyk hoe hy die lae stof en vuil van sy gesiggie probeer afwas. Maar iets is anders vang my, hierdie kind van 10/11 sukkel om die lap vas te hou, as of hy nie weet hoe nie. Ek vat die lap by hom en help. Lyf teen lyf, in naby-ruik-afstand, was ek `n vreemde seuntjie, en dis asof hy onder die ferm maar liefdevolle aanraking ontspan. “Eina” sê hy en wys die seerplek aan sy hand, waar ouboet hom in sy dronkenskap bygekom het. Daar is nog `n seer aan sy voet. En so was ek al die uitsteek-dele, en nou het hy van kleur en kleur verander. Ek kan nie nou iets aan die sere doen nie, maar ek kan luister. Ek kan nie iets aan ouboet doen nie, maar ek kan hier wees. Weer besef ek, my motiewe en verwagtinge van Gee bly kortsigtig. God verdwerg my pogings met sy teenwoordigheid. Gee is beter wanneer ek oop is vir waar Hy wil Gee. Hierdie mensie voor my, ek moet my vir hom gee, dis al.
Teelepels: dink daaraan, Hy het voeter gewas......maar Hy het ook toegelaat dat sy voete met duur olie gewas word. Dit gaan nooit oor die koffie, water, olie wat gegee word nie, maar die mens, die verhouding!
No comments:
Post a Comment