Sunday, 5 October 2014
Wednesday, 1 October 2014
Sunday, 21 September 2014
Sunday, 14 September 2014
Friday, 12 September 2014
Thursday, 31 July 2014
Waar is God as ons seer het, as dit lyk of die wêreld om ons uitmekaar val?
Waar is God as ons seer het, as dit lyk of die wêreld om ons uitmekaar val?
Kind word deur kapers tot sy dood gesleep, vliegtuie val, oorloë, klein kindertjies sterf in frats ongelukke, mense word uit hul huise gesit en met net die klere op hul rug uitgeban vir hul geloof, ander word gekruisig en gemartel, terwyl `n pa van kanker sterf en siekte mense hier naby en oor die wêreld bang maak. Ek voel soms soos Philip Yancey: "I feel helpless around people in great pain. Helpless, and also guilty. I stand beside them, watching facial features contort and listening to the sighs and moans, deeply aware of the huge gulf between us. I cannot penetrate their suffering, I can only watch. Whatever I attempt to say seems weak and stiff, as if I`d memorized the lines for a school play."
Kind word deur kapers tot sy dood gesleep, vliegtuie val, oorloë, klein kindertjies sterf in frats ongelukke, mense word uit hul huise gesit en met net die klere op hul rug uitgeban vir hul geloof, ander word gekruisig en gemartel, terwyl `n pa van kanker sterf en siekte mense hier naby en oor die wêreld bang maak. Ek voel soms soos Philip Yancey: "I feel helpless around people in great pain. Helpless, and also guilty. I stand beside them, watching facial features contort and listening to the sighs and moans, deeply aware of the huge gulf between us. I cannot penetrate their suffering, I can only watch. Whatever I attempt to say seems weak and stiff, as if I`d memorized the lines for a school play."
Sunday, 13 April 2014
Noag en Paasfees
Genesis 6-9 Noag en Paasfees
Dit is Paastyd! Vandag is Palm Sondag, Jesus ry op `n donkie
in Jerusalem in terwyl die mense Hom toejuig.
Hoekom Noag in Paastyd?
Want die hele Bybel is die openbaring van God.
God se
storie is een geheel, of jy volg die hele storie, of jy maak jou eie.
Dit
is nogal duidelik uit die nuwe kontroversiële fliek oor Noag en die vloed.
Die regisseur maak sy eie storie op, omdat Hy nie God se
storie verstaan nie.
Maar hoe pas die vloed en Paastyd dan by mekaar?
Kom ons volg die storie.
Ons tel dit op as God iets oor sy hart openbaar in v. 5:
“die Here (was) bedroef daaroor dat Hy die mens op die aarde gemaak het. Dit
het Hom diep gegrief.”
Van “en dit was baie goed” in
Genesis 1:31 tot korrup, vol geweld en selfs verrot in 6:11.
Die
besluit is finaal, dit is koninklik: God besluit om `n einde aan alles te maak.
Die
woordjie uitwis in v.7 beteken letterlik om iets uit te vee deur dit te was.
Dieselfde
werkwoord word in ander dele van die Bybel gebruik vir die afwas van sonde.
God gaan die sonde letterlik van die
aarde afwas.
Hier word baie
klem daarop gelê dat alles verrot is, en verdien om te sterf.
Maar
Noag word deur God begenadig.
Die bedoeling is nie hier dat
Noag juis sonder sonde was nie, maar dat God hom gekies het.
Hy maak dan voor die tyd sy plan van verwoesting aan Noag
bekend, en nou moet hy in geloof in wat God gesê het, soos `n begenadigde lewe.
Die opdrag:
maak vir jou `n ark.
En
dan kom die omvang van God se straf en sy genade in die prentjie.
Noag gaan nie
gou `n bootjie in die agterplaas aanmekaar slaan nie.
Dit is massief!
Noag, jy gaan
jou lewe aan geloof in jou redding wei.
En
hoekom Noag?
Want God
wil (v. 18)!
God kies vir Noag.
As God dan `n verbond met hom
maak, hoor ons nie vir Noag praat nie, net God praat.
En
in geloof, doen Noag presies soos God hom beveel.
Hierin lê die
vrug van sy geloof – sy geloof in die God wat lewe gee, waar daar eintlik dood
moes gewees het.
God het sy
verlossingsplan aangekondig voordat Hy die vrot van die sonde met al die aarde
se water gaan afwas.
Die omvang van die straf is oorweldigend, maar so ook die
omvang van die redding.
Duisende diere, maar net 8 mense,
veilig binne in die oorweldigende verwoesting.
Kan jy jou voorstel wat se indruk hierdie gebeure om Noag en
sy gesin moes gemaak het?
God
onderhandel nie oor sy heerlikheid nie.
En terwyl die mense buite gil en skreeu vir hulp moes Noag gewonder het, “waarom dan ek Here?”
Noag kon ook
nie die ander mense red nie, redding kan net van God kom.
As alles dan opgedroog het, en God self weer die ark oopmaak
wat Hy hulle toegemaak het, is Noag se eerste daad om offers te bring.
Hy weet
waar hul redding vandaan kom! Hy offer van al die rein vee!
En
sy oorgawe is vir God goed.
Nooit weer sal sondes so skoongewas word nie, beloof God met
sy reënboog.
Dit was
groot, maar nie groot genoeg nie.
En Noag se opdrag, bewoon en bewerk! Gaan verryk hierdie
wêreld. Lewe!
En Paasfees dan?
Lees Lukas 17:26
26“Net soos dit in
die tyd van Noag gegaan het, so sal dit ook gaan in die tyd van die Seun van
die mens: 27hulle het maar soos gewoonlik geëet en gedrink en getrou
tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het. Toe kom die sondvloed, en dit
het hulle almal uitgewis.
Jesus is hier besig om oor die koms van die koninkryk te
praat.
Hy vergelyk dan sy tyd, met die
tyd van Noag: m.a.w. korrup, vol geweld en verrot.
Niks het verander nie, selfs
nadat God hoeveel keer oor begin het met sy kinders, vergeet hulle dat Hy
koning is, en mis hulle sy geduld en genade.
Nooit
weer sou die aarde skoongewas word deur `n vloed nie.
Die van onskuldige diere offers oor
baie eeue was ook nie genoeg nie.
Nee, iets
groters was nodig.
Want die finale straf sou groter en erger wees as die vloed
in die tyd van Noag, en die redding, groter en meer permanent as die redding
deur die ark nie.
Daar sal weer `n skoonwas wees,
maar hierdie keer sou dit bloed kos, en nie die bloed van mense en diere nie,
nee die bloed van God self.
Soos Hy destyds die planne vir
die ark presies vir Noag gegee het, en soos wat Hy elke oomblik betrokke was in
die toemaak en oopmaak van die ark se deur, net so haarfyn was God se finale
reddingsplan.
En weer kondig die
genadige Koning verlossing aan voordat Hy die straf voltrek.
Paasfees gaan
juis oor hierdie aankondiging, en Jesus se gehoorsaamheid aan sy Vader, kla sy
omstanders aan wat nie hul verrotte manier van lewe wil prysgee nie.
Jesus is ons veilige plek, ons ark in die vloed van ons eie,
vernietigende, en verrotte sonde.
Hy het haarfyn sy Vader se plan
uitgevoer, ja elke ding wat ons met Paastyd onthou.
En
die omvang?
Die koning van
die heelal kom, tussen mense, om die sonde finaal af te was met sy bloed.
Net soos die
ark gebou moes word, en die waters moes trotseer tot alles skoon gewas is, net
so moes Jesus alles deurmaak en verduur, sodat redding volkome kon wees.
Hy blaas sy
asem uit, sodat Hy die asem van sy kinders veilig in sy hande kan hou.
Onverwags sal die oordeel kom, en die asem wegvat van hulle
wat nie glo dat Jesus die vloed is wat sou kom nie.
Sy oordeel sal die krag, mag en
geweld van miljoene liters water per sekonde oortref wanneer Hy elkeen tref wat
nie opkyk en erken, dit is net genade nie.
Noag is nie gered omdat hy goed was, of goeie dade gedoen
het nie.
Hy is deur
God begenadig, en uitgekies.
Hoor hoe Jesus se dade in Paastyd juis hierdie genade
bevestig in 2 Tim. 1:9
“Hy (God) het ons gered en ons geroep om aan Hom toegewy te
wees. Dit het Hy gedoen, nie op grond van ons dade nie, maar op grond van sy
eie besluit en die genade wat hy van ewigheid of in Christus Jesus aan ons
geskenk het. 10 Hierdie genade is nou aan ons geopenbaar deur die koms van ons
Verlosser, Christus Jesus.”
Ook Hebreërs 11:7 Omdat Noag geglo het, het hy God
eerbiedig gehoorsaam toe hy gewaarsku is oor dinge wat nog nie gesien kon word
nie. Daarom het hy die ark gebou om sy huisgesin te red. Sy geloof was ’n
veroordeling van die wêreld, maar dit het hom erfgenaam gemaak van die vryspraak
wat deur die geloof kom.
Noag se geloof het eers sy betekenis in Jesus gekry, en in
dit wat nie Noag, Abraham of Moses kon regkry nie, nl. om die kinders van die
Here finaal te red.
Wanneer jy dan God se storie
deur Noag se lewe volg, dink daaraan: so groot en onwerklik as wat dit klink
dat `n mens so `n groot boot kon bou, en vir `n jaar lank saam met duisende
diere daarin kon oorleef, soveel groter is dit as die Koning van die heelal aan
`n klein mensgemaakte kruis kom hang, om almal te red.
Jesus het ook vir Noag gekom, wat maar net vir homself `n
ark kon bou, maar nie homself kon red nie.
Gewillig ry Jesus dan op hierdie
dag Jerusalem binne, wetende dat Hy die ark is waarin God se kinders moet
skuil, wetend dat dit Hy is wat die vloek van die sonde gaan dra.
Vir Noag was daar `n belofte dat God nie weer op so manier
sou straf nie, en net so is daar vir ons `n belofte dat niemand weer aan `n
kruis hoef te sterf nie.
Jesus sê:
dit is volbring!
Broer en suster, God is toornig oor sy heerlikheid!
Die omvang
van die water vloed verhaal maak dit duidelik!
As ons hierdie gedeelte van God se storie afwater, dan maak
ons ook sy reddingsplan deur Jesus klein.
Dink dan in hierdie week
daaraan as die wêreld hasies en eiers jaag: Jesus Christus het dit wetend
deurgegaan, die hele vernedering en lyding van geboorte tot kruis, sodat water
nou vir ons `n nuwe betekenis kry.
Water
verwoes nie meer nie, maar is teken van ons hoop.
Deur die doop,
kan ons terugdink aan Noag se geloof in God, maar ook aan Jesus se volkome
redding.
Maar weet ook, dat soos Noag die verlore gille van mense
moes aanhoor, hoor die gille en van hulle wat nie in Jesus glo nie, herinner
hulle aan Hom, en weet, jou redding is net genade.
Ark, reënboog, kruis en oop graf – alles tekens van God se
genade en heerlikheid.
Tuesday, 8 April 2014
Noah - die fliek - hoe roer dit?
“Noah” die fliek - hoe roer dit my?
Dis nogal opvallend hoe baie “geestelike” en selfs “Bybelse”
films daar in die laaste ruk die lig sien. Baie gelowiges raak opgewonde en sê
dat sulke “Christelike” films oop arms verwelkom moet word. Flieks is `n baie
kragtige medium, maar wil op die ou einde seker maar presies net dit wees: `n
fliek. “Entertainment” vir die massas. `n Storie wat verkoop. Ek dink Wikipedia
http://en.wikipedia.org/wiki/Noah_(film)
som dit eintlik mooi op: “Noah is a 2014 American epic biblically-inspired fantasy film.....,
and based on the story of Noah's Ark.” Hierdie fliek
moet na my mening geensins as `n godsdienstige of Christelike film gesien word
nie. Dit is fiksie, gebaseer op die riglyne van `n historiese ware gebeurtenis.
Wat was positief:
·
Aan die begin word verklaar dat die “Skepper”
alles gemaak het. Dit word verkeie kere in die fliek herhaal.
·
Die verwoesting van die vloed word nie as `n
natuur frats uitgebeeld nie, maar as `n direkte handeling van God as straf vir
sonde.
·
Die uitbeeld van die ark en hoe God dan die
diere laat kom is na my mening aangrypend en `n goeie raaiskoot van hoe dit sou
kon gebeur, sonder om dit “wetenskaplik” te wil verklaar.
·
Noag word uitgebeeld as iemand wat totaal op God
vertrou, ten spyte van baie (veronderstelde) persoonlike wroeging. Daar word
baie daarvan gemaak dat hy deur God gekies is.
·
Daar word nie weggeskram van die Bybelse feit
dat die aarde ook vervloek is a.g.v. die sondeval nie. Verder word die totale
verlorenheid van die mens duidelik gestel, ook visueel, so erg dat die mens sy
eie spesie begin oes om aan die lewe te bly.
·
Noag maak die stelling: “there is evil in all of
us, we are no better.”
Wat vind ek negatief:
·
Oor die algemeen word daar net genoeg van die
Bybelse gebeure gebruik om dit sterk aan die oorspronklike te koppel, maar dit
wat ingevoeg word, is dan weer so ver van die oorspronklike dat dit werklik die
egtheid van die oorspronklike verhaal vertroebel. Voorbeelde is:
o
Die engele wat aarde toe val “om Adam te kom
help” en dan in mitologiese fantasie karakters verander wat dan ook vir Noag
help.
o
Noag wat omgee vir die natuur, so veel dat hy
vegetaries lewe, en `n tipe “Green Peace” vegter word.
o
Die diere word as die “heiliges” uitgebeeld
waaroor God se hele “reddingspoging” deur die vloed sou gaan. Die slegte koning
is die een wat op die ou einde onthou dat die mens na God se beeld en as kroon
van die skepping gemaak is. Hieruit word dan voorgehou dat die mense beter moet
kies wie hy wil wees as hy wil oorleef. Daar word `n onbybelse spanning geskep
tussen die mens se begeerte na geluk en lewe, en God se uitwissing van die
bose.
o
Metusalag (Noag se oupa) word as nog lewend
voorgehou. Hy tree op as `n soort Gandolf die Gryse wat al die toorkunsies ken,
inmeng in God se plan ter wille van die mens se geluk en dan tog in die vloed
sterf.
·
Daar word deurentyd gesinspeel (nie deur die
Noag karakter nie) dat die mens dan eintlik ook in homself goed is.
·
Gam word voorgehou as die slagoffer van sy
omstandighede, en die swak verhouding tussen hom en sy pa.
·
Noag spreek op die ou einde die woorde van die
verbond uit en nie God nie. Hier is vir my die grootste bewys van die
mitologiese storielyn wat sy houvas kry. Die mens leef onder God, maar moet
maar self besluit hoe hy vorentoe sal gaan.
So, mag `n Christen hierdie fliek kyk? Ja. Behoort hy? Met
groot versigtigheid. Moet ons dit goed praat as nog `n deurbraak vir die Christen
filmwêreld? Nee, hiervoor steel dit die eer van God en plaas die mens sentraal.
Behoort kinders dit te kyk? Ek dink nie dit is wys nie. Kry eers die egte
storie reg. Noah is `n fiksie fliek, en na my mening nie een van die bestes wat
ek al gesien het nie.
`n Laaste opmerking: hou op om van God se verhaal uit Noag
se lewe, `n kinder feeverhaaltjie te maak met grappige diertjies op `n klein
komieklike bootjie. Moet dit nie “sugercoat” nie, vertel dit soos God dit gegee
het. Dit is sy storie, Hy is die hoofkarakter en dit is waar. Volg sy storie!
Die hele Bybel!
Subscribe to:
Posts (Atom)

.jpg)
