Thursday, 24 May 2012

My motief vir Gee geskud (2


My motief vir Gee geskud (2

Waarom het ek so lank gevat om hierdie een te skryf? Want dis eina.....

Nog `n 1000 km tot in Potch. Ons is moeg, maar ons harte is vol: Gee by KKNK was nie altyd lekker nie, maar wel goed vir ons. Ek bly heeltyd bid dat ons drywers sal wakker bly, soveel verantwoordelikheid, soveel lewens.
Die kragtige bakkie wat `n broer vir ons geGee het, eet stadig die kilomers. 17:00  - ons Gee  laaste klompie koffie, melke en suiker weg vir die Presidenst Kruger Kinderhuis op Reddersburg http://www.krugerkinderhuis.co.za/. Dan eet ons weer teer.
19:00 - die eerste teespoed kom toe die ander motor `n band afskryf. Vinnig word bande geruil, die pad is nog lank en môre vlieg ek huistoe. Steeds bly die gees hoog, God het wonderlike mense geGee om saam te Gee.
20:00 - Goed op spoed ry ons die padverlegging anderkant Bultfontein binne. Maar weer word ons haas (nee ons het nooit gejaag nie) getemper: die bakkie se enjin het gegaan! Ai toggie, wat sê ek nou vir die mense wat dit geGee het, hoe kan ek hulle kompenseer......ek kan nie! En om dit erger te maak is hulle ook die mense wat al die pad ry om ons te kom insleep, asof hulle nog nie genoeg geGee het nie. Terwyl almal in goeie gees wag vir die insleepdiens, sê Sam skielik “God really challenged my motives for giving this week. Why did we really give?” Die slotsom van ons gesprek: nie sodat ons kan kry nie, maar omdat ons reeds alles gekry het...........

0:15 (of daar iewers) – ons val in die pad; die grootste klomp in twee voertuie vooruit Potch toe, en ek word deur Sam en oom Eddie ingesleep. “Here, ek moet wakker bly” bid, vra, gesels ek........

1:00 - `n Verblindende lig,... `n harde slag, ... die bakkie rol,..... 35 jaar vlieg in 1 sekond deur my kop. Gedagte: dan is dit nou.................Die bakkie kom op sy sy tot stilstand.  My knie is bietjie seer......OOM EDDIE!? SAM!? Soos ek uit die bakkie wurm, sien ek dat ook hulle nie `n skrapie het nie – 6 ton, teen +- 100km `n uur, maak self die som = wonderwerk. Ons leef, ...... en tog, verdrietig skreeu iemand “My wife is dead.”

Ja, ek, ons leef, sy is dood...........
So wat is my motief vir Gee? Met watter motief wil ek ander kompenseer wat so baie “goeters” gegee het? “Hoekom Here hierdie ding binne in ons Gee tyd?” Want Gee hou nooit op nie, dis nie `n uitreik nie, dis nie `n projek nie. Gee is leef!
En so besef ek, ek is nie die gewer nie, Hy is. Wat behoort my motief vir Gee te wees? Ek kan nie anders nie, so lank ek hier leef, is ek `n instrument vir die Gewer.

Toe ek my seuntjies en vrou later die oggend op die lughawe vasdruk, weet ek: “ek verdien dit nie, ek moes dood gewees het. Maar my God het die lewe hier vir my terug geGee.” Ek Gee nie om te leef nie, ek leef om te Gee, omdat Hy als geGee het, EN leef!

Monday, 21 May 2012

GKafee the American way 2


GKafee, Oudsthoorn—KKNK
Abby (top left) working her magic with some local boys
-Abby Kitchener (USA)

The thousands of people walking around, the air of excitement about festivities, delighted screams coming from those on the rides, blaring music from live shows, shops overflowing with biltong, jams, t-shirts, and artwork—all sights and sounds that make up KKNK every year in Oudtshoorn. And yet in the midst of all this revelry and noise, God is working in powerful and mysterious ways, and in my case, He worked through prayer.

Because of the intense heat during the day, some of us volunteering with Gkafee walked around giving cold water to those working or walking in the streets as they came and went from the art festival. It was here that I met Cindy, as she accepted the water and chatted with me. During the following days, she came to the tent at different times to sit and talk about her day, showing me how she dyed her hair black or what she saw at the shops; other times, I caught up with her on the street since she lived close by. Cindy was a different sort of lady, in her upper 40’s or early 50’s with glazed eyes and jumping from topic to topic; one day she even carried a doll with her that looked like a real infant. Somehow, we took an interest in each other and our conversation flowed easily.

One day after she had talked to me about her problems with her husband and daughter and those in the community, I asked if I could pray for her. She complied, and I prayed briefly for her, without eloquence or in a seemingly powerful way. When I finished the prayer, Cindy looked up at me with clear bright eyes and a big smile on her face. She said, “I felt your prayer. It sent shocks through my whole body. I could feel it all the way down.” Then, she surprisingly went on speaking, almost as if prophesying over me, telling me that I would go into Africa with nothing, no money, and yet people wouldn’t want anything from me but would give me a place to stay. She said I would go with God’s passion. She encouraged me that I was one of God’s chosen people, chosen for this very moment—now.

I sat in shock. Here I had prayed for her, feeling pretty “Christiany” about it, and then she in turn spoke compelling words over me, the missionary! I don’t even know if Cindy is a born again believer and listens for God’s voice. But how could she have known that I had specifically prayed for passion in my life while here in Africa? In that hot Gkafee tent, with the buzz all around us of people enjoying the KKNK, Cindy spoke words of life over me that day, telling me I am a chosen one of the Father. God is always speaking to us—sometimes in surprising ways and through very unlikely people. May we have our spiritual ears and hearts tuned into what our Father is saying.

GKafee the American way 1


Kasey is the "gal" in the right hand corner.  

Kasey Parker is a friend and fellow believer from America. Here is her experience of GKafee:

As I was standing outside of the coffee tent at the KKNK Art Festival, a young lady started walking my way carrying with her all different sizes of feather dusters in all kinds of vibrant colors. As I offered her some water I noticed how hot she must have been from walking around all day with all the dusters encircling her, so I invited her into the tent to sit and rest for awhile. It was no surprise when she gladly accepted.
During the next hour or longer she had told be all about her family, school, and dreams. One of her biggest dreams was to start her own designer line just doing what she loves to do the most. Although she didn't have much to work with and only had her hands to do hours upon hours of sewing and stitching she was full of joy and pride each time she accomplished another one of her projects.
A few mornings later she came back to give me a gift. She had stayed up late the previous night drawing sketch after sketch of some of her many ideas for dresses and compiled them into her first binder she had received to hold her sketches. I was so touched by her thoughtfulness and have looked through that sketchbook many times since.
It amazes me every time to see what just a free smile, drink, and a listening ear can do for a person. God taught me a lot about the importance of not judging, but instead to lift up people and to encourage them. Mainly to be, simply, a friend who is willing to take the time to listen.

Tuesday, 1 May 2012

My Motief vir Gee Geskud (1


My motief vir Gee geskud (1

Terwyl ek baie besig is om te Gee (Gkafee 2012 by KKNK), word ek gekonfronteer met `n jong seun wat al agter my aanloop. Hoe meer ek graag wil hê dat hy moet weggaan, hoe meer hang hy rondom my. “Ek wil Gee man, maar jy pla my” dink ek by myself. My pogings om hom te verdryf sodat ek kan Gee misluk, totdat ek omdraai en moedeloos vra: “Wil jy jou gesig was?” Sy kop knik. Ek tap `n emmer warmwater met seep, en kyk hoe hy die lae stof en vuil van sy gesiggie probeer afwas. Maar iets is anders vang my, hierdie kind van 10/11 sukkel om die lap vas te hou, as of hy nie weet hoe nie. Ek vat die lap by hom en help. Lyf teen lyf, in naby-ruik-afstand, was ek `n vreemde seuntjie, en dis asof hy onder die ferm maar liefdevolle aanraking ontspan. “Eina” sê hy en wys die seerplek aan sy hand, waar ouboet hom in sy dronkenskap bygekom het. Daar is nog `n seer aan sy voet. En so was ek al die uitsteek-dele, en nou het hy van kleur en kleur verander. Ek kan nie nou iets aan die sere doen nie, maar ek kan luister. Ek kan nie iets aan ouboet doen nie, maar ek kan hier wees. Weer besef ek, my motiewe en verwagtinge van Gee bly kortsigtig. God verdwerg my pogings met sy teenwoordigheid. Gee is beter wanneer ek oop is vir waar Hy wil Gee. Hierdie mensie voor my, ek moet my vir hom gee, dis al.
Teelepels: dink daaraan, Hy het voeter gewas......maar Hy het ook toegelaat dat sy voete met duur olie gewas word. Dit gaan nooit oor die koffie, water, olie wat gegee word nie, maar die mens, die verhouding!