Wednesday, 29 February 2012

Spore of voet-spore?


Spore of voet-spore?

Teelepels
Ek lees onlangs `n mooi storie oor die treinmense deur Dana Snyman in die Weg. Hierin vertel hy hoe hy gaan soek het na die mense wat in die 80`s en vroeë 90`s nog die stasies en treine beman het wat die land deurkruis het. Suid-Afrika het beskik oor een van die beste spoornetwerke ter wêreld. Maar nou is die stasies leeg, treine loop net nou en dan, en die mense? Die een na die ander het hulle briewe gekry wat sê dat hul pos nie meer benodig word nie. Die stasie maak toe. “Hulle het ons weggegooi” sê oom Hans van Vuuren, 38 jaar in diens van die Spoorweë.

Hoe het dit gebeur? Het die tegnologie maar net so verbeter dat treine oudtyds geraak het? Miskien, en tog speek treine elders in die wêreld, steeds `n groot rol in vervoer. Tog is die feit dat padvervoer vinniger, veiliger en meer betroubaar geword het. Produkte het verander, markte het verander, prioriteite en politiek het verander. En as jy die een storie na die ander hoor van mense wat steeds op die treindorpie bly, sou hulle nooit kon glo dat die wêreld sonder treine kon regkom nie. Hoe kan die wêreld reg werk sonder `n trein wat presies op die regte tyd inkom en uitgaan, sonder die dissipline van skoon netjiese stasies, rooi gepoleerde stoepe, roepmanne wat drywers betyds wakker maak, jong seuns van 16-17 wat treine skrop, kole stook en presies maak soos die drywer gebied. Hierdie instansie wat soveel mense `n lewe gegee het, op wie se rug Suider Afrika gebou is, was “nooit” in `n krisis nie, totdat die krisis hom ingehaal het. Was die probleem dalk dat daar te veel opgegaan is in die treine en te min in die besigheid van vervoer?

Sommige het aangepas, trokdrywers geword, winkeltjies oopgemaak, want vervoer moes aangaan, goedere moes steeds verskaf word. Ander, bly nog daar op die treindorp, met rooi gepoleerde stoep, horlosie presies op tyd, en sê: ons is weggegooi. “Die Spoorweë,” die instansie waarvoor ek my lewe gegee het, het my weggegooi.

Koninkryk
Terwyl ek hierdie storie lees kon ek nie help om aan die kerk te dink nie. Daar is soveel raakplekke. Soos die spoorweë het die kerk `n groot rol in die opbou van Suider Afrika gespeel. Elke dorp het `n kerk, twee, drie gehad. Dit is bewaar en uitgebou met sterk dissipline. Elke “klerk” het presies geweet wat van hom verwag word om die instelling se werking glad te laat verloop. En hoe sou `n samelewing sonder hierdie instansie kon klaarkom? Dit was ondenkbaar. En was die kerk “nooit” in `n krisis nie, totdat die krisis haar ingehaal het.

Van verskeie kante hoor mens die aanklag: “die kerk het ons weggegooi.” Jy hoor dit by mense wat totaal ontnugter is deur die kerk se onvermoë om by die tyd aan te pas (die boodskap af te lewer), maar ook van hulle wat hul lewens vir die kerk gegee het.
Wat is die antwoord? `n Nuwe geld en sweet inspuiting in die instansie, sodat die stoepe van tradisie weer gepoleer kan word, sodat die presiese dissipline weer die werking van die kerk kan regruk? Moet ons weer in treine belê, of in vervoer? Wat is die doel van die kerk?

Die kerk is nie gegee sodat al die treine daar kan stop, skoongemaak kan word, en op hul pad gestuur kan word totdat dit oor 7 dae weer kom volmaak nie. Die kerk is gegee om iets kosbaars te vervoer, nie net op die breë spore van groot geboue en dominees wat weet hoe om te laat stook, en wanneer om te fluit nie. Maar juis om op elke manier moontlik, op elke snelweg, grondpad, tweespoorpaadjie, vliegtuig-, boot-, trein- en trokroete, deur draadlose kommunikasie, deur alle moontlike maniere, hier boodskap te vervoer terwyl ek dit lewe.

Indien iemand oor 10 tot 20 jaar van nou af `n rit sou onderneem om te gaan kyk waar die kerke en sy mense dan heen is. Wat sal hy kry? Mense met kerklike ornamente, eeufeeswyn, gedenkblaaie van 25, 50, 75 jaar se kerkwees, wat verlangend na die goeie ou dae sê: die kerk het ons weggegooi?
Of sal hy skryf van `n instansie wat `n beweging geword het. `n Beweging wat die vervoer en leef van hul boodskap so ernstig opgeneem het, dat daar nie `n plek is waar dit nie uitgekom het nie. En die rede? Ons volg in Sy voetspore......

Volg jy die spoor? Of volg jy voet-spore?

Monday, 13 February 2012

How not to submit to God


How not to submit to God! James 4:11-17


Teelepels
There`s at least 2 things you can do to demonstrate that you do not submit to God.


1. Judge others - it helps to know that you are better than them. It allows you to speak evil of them, to call them names, to generalize groups of people. It also means that you may use the law as your own ruler. With it you can measure others, and it goes without saying that they won`t measure up. You yourself don`t need to DO the law, because you are now the judge.
To submit to God would mean that you would have to acknowledge  that the Law is actually about Jesus and the fact that He earned the right to be the only Lawgiver, the only true Judge, by dying and rising from the dead. Submission to Him would mean that you know He works by the new law that sets you free (James 2:12). He gave the law so that He could set free and save.
Now, who wants a law that sets people free?! No, law and order and discipline is there to give assurance, to tie things up and make them clear.  It helps everyone to know his place, and what will happen if they don`t.


2. Be absolutely self-assured - you have given the first giant step when you appointed yourself judge. Now all you need to do to show that you do not submit to God is to live a live that says "I am a rock, I am an Island." Because I am alive, I will go here, do that for so long, and I will prosper by my efforts. I will speak positively about everything I do. I will give unwonted advice (and not always for free), but take non, least I get dragged down to there level. I`f got it all together. If I will it, it will be so.


Koningkryk
Even thou no true believer choose not to submit to God, it is not far from us to act as above. We find comfort in the law in stead of in God alone. We act as if we know it all. We so often miss the wonderful chaos of the law of liberty! Maybe it`s because we seldom test the essence of what we call the Good News in places where people hunger for it. Places where a law that liberates people from worshiping the god of survival, the god of small and pitiful things, is really felt as good because they get to see the King!
Lets rejoice in the fact that we are vulnerable, and boast in the knowledge God is not!


I leave you with the words William Wallace: "FREEEEEEEEEEEEEDOOOOOOOOOOOOOM!"