Tuesday, 17 April 2012

Gedagtes oor Gee by KKNK 2012


Gedagtes oor G by Gkafee tydens die GGNG (KKNK) (1)

     Dis weer sulke tyd. Ek wil jou vertel van iets waarvan ek deel was, maar waarvan ek nie veel weet nie. Dit was my tweede geleentheid om deel te wees van die Gee beweging, hierdie keer in die vorm van Gkafee by KKNK (of GGNG soos ons dit vernoem het).

     As ek sê dat ek nie veel daarvan weet nie, is dit omdat alles anders uitgewerk het as wat ons beplan het. Skenkings het baie stadig ingekom, en toe ons begin ander planne maak, kom daar uit onverwagse oorde ondersteuning. Daar het selfs oorgebly om vir die Reddersburg kinderhuis weg te Gee.
   
     Die beplanning het ons so goed moontlik probeer doen, al het ons al teen hierdie tyd geleer om ons verwagtinge te begrens. Moeilikheid duik toe sommer vroeg op. Klomp mense sê hulle kom, en wil kom, maar 12 daag op. Ons kry `n lekker groot perseel met `n goeie ligging. Ons word gevra om `n radiostasie se karavaan te akkomodeer, wat ons doen want dis mos `n manier van gee. Die Woensdag voor ons vertrek hoor ons dat `n kosstalletjie ook op ons perseel staan en dat daar nie daaroor geonderhandel gaan word nie. Hoe dinge dus prakties gaan werk weet ons glad nie.
     Daar aangekom, is dit ons eerste uitdaging: baklei, of gee. Gelukkig het ons gekom om te gee en deur onderhandeling en mooi praat kry ons die helfte van ons tent weggegee (want sien, gee is mos beter), en kan ons opslaan om die volgende dag te begin :-) gee. Vieserig stap ek by die groot kosstalletjie verby wat ons spasie gevat het, en wonder “wat moet ek sien Here?”
     Min het ek geweet dat die Here die radiostasie gebring het as G-geleentheid en dat Hy die omroepers tot Gee sou aanspoor en dit laat uitsaai. Hoe kon ek weet dat Hy Kobus se kosstalletjie langs ons s’n gereël het, sodat Hy vir ons kos kon Gee (ja gratis), en Kobus ons sy storie kon Gee.

Vir foto`s gaan kyk by https://www.facebook.com/media/set/?set=a.10150663859072611.384734.140266187610&type=3

No comments:

Post a Comment